Die verskeidenheid van musiek- en dramaproduksies laat vanjaar jou kop draai. Ek weet die uitvoering van die Libertaskoor en Amanda Strydom se Misa Criolla en Navidad Nuestra gaan wonderlik wees, asook Barok & Roll waar klassieke musiek en rock mekaar ontmoet.
Ek sien veral uit na die visuele kunste om Wim Botha se installasie te sien, asook die uitstallings Pentimenti en Steek. My kaartjies is bespreek vir Pieter Fourie se Die Koggelaar - wat 'n fantastiese rolverdeling! asook 'n Vrou soos Henriette omdat ek dol is oor die skrywer Henriette Grové se werk.
Dan weet ek nie hoe nie, maar Bidsprinkaan moet ek iewers inpas.
Wenke
Zanne Stapelberg se cd-opname met die USSO op 1 Maart en Sondag beloof 'n uitvoering van gehalte te wees, so ook Peter Martens se uitvoering van Bach se solotjellosuites.
Die skrywersprogram in sy geheel is interessant: Ek sien veral uit na die aanbiedings oor en met Athol Fugard en Elsa Joubert.
Die US Woordfees-program in Stellenbosch ¬belig vele fasette van skrywerskap. Een van die ¬belang¬rikstes is die ¬profiel¬aanbie¬dings waarin bekende skrywers en hul oeuvres in ¬oën¬skou geneem word.
Op die Woordfees kan gehore die ware Kytie wat die bekende Koos Kombuis-liedjie geïnspireer het, ontmoet. Mariana Malan vertel meer.
Soos uit ’n duikboot van die tyd kom die epos Joernaal van Jorik vanjaar opnuut aanland. Dié keer in die gedaante van ’n komposisie van Roelof Temmingh (1946–2012)..
Stof en dons ¬interesseer haar nie. Dis dié dat die omroeper Bettie Kemp haar besig hou met “rêrige stories van rêrige mense”.
Vanjaar se US Woordfees-feeskunstenaar Wim Botha het ¬sowat twee jaar gelede begin met sy installasie-reeks Solipsis wat hy as “sketse in drie dimensies” beskryf. Die vyfde in hierdie reeks is in die Sasol-kuns¬museum in Stellenbosch te sien.
Die US Woordfees het ’n reuse- skrywers¬pro¬gram van sowat 100 skrywersaanbiedings waaraan ¬meer as 200 voorste Suid-Afrikaanse, asook buitelandse skrywers gaan deelneem.